Monthly Archives: September 2014

//September

Erika en Dup

Hierdie fotosessie was geweldig baie pret. Erika en Dup is sulke lekker mens-mense en kort nadat jy hulle ontmoet het voel hulle soos ou vriende. Tussendeur die lag vir die oulike twee honde se eskapades en al die lekker gesels het die tyd omgevlieg! Dit was 'n groot voorreg om die spesiale tyd in hul lewens te kon vasvang en ek is saam met hulle opgewonde om binnekort vir klein Nadia te ontmoet!

September 14th, 2014|Maternity Shoots|0 Comments

Rudolf de Lange

Ek het omtrent 'n jaar gelede die pragtige seuntjie vir die eerste keer ontmoet en afgeneem en wat 'n wonderlike voorreg was dit om te kon sien hoe hy grootword! Hy gaan verseker eendag 'n baie handige man wees om op die plaas te hĂȘ. Gedurende ons fotosessie het hy kliphard geboer. Hy het sy rondtes by die dam gedoen, stoep gevee, gekap met sy hamer, gaan kyk na die nuwe lote in die wingerd en sommer 'n paar stompies vasgekap, trekker en kaskar gery en lekker baie rondgehardloop! Hy is so vrolik en lewenslustig, mens kan nie help om konstant te glimlag as jy in sy teenwoordigheid is nie. Een van die kosbaarste oomblikke was toe ons probeer het om vining 'n foto van mamma en pappa op hulle eie te neem. Rudolf het ons letterlik net 'n paar sekondes gegee voor hy besluit het om in te val [...]

September 6th, 2014|Family Shoots|0 Comments