Die Boezaarts
Die Boezaarts is vriende wat ons geweldig na aan die hart lê - al vir baie jare. Ek en Johke was saam op hoërskool en vir Ted het ek en my man, Danie, een dag op 'n rotsklim uitstappie ontmoet, lank voor hy en Johke mekaar ontmoet het. Ted en Danie het ook vir 'n ruk lank vir dieselfde maatskappy in Amerika gewerk en daar in die vreemde het die goeie vriende vir ons soos familie geword. Ons is al amper 4 jaar weer terug in SA, maar die Boezaarts woon nogsteeds in Atlanta. Ek was dus geweldig opgewonde toe hulle sê hulle wil foto's laat neem tydens hul volgende kuier in SA, want dit sou beteken ek kan bietjie ekstra tyd saam met hulle spandeer! Dis altyd moeilik om almal en alles in te pas as mens net 3 weke het, so die feit dat ek rustig 'n hele [...]