Sharon en Rudie
Dit was so lekker om vir Rudie en Sharon te ontmoet en af te neem al was dit 'n lekker koue wintersmiddag teen die tyd dat die fotosessie begin het. Die twee lieflike lang mense is stil, stylvol en elegant, so al hou nie een van hulle daarvan om afgeneem te word nie, maak hulle nogsteeds pragtige prentjies! Hulle dogtertjie Amelia is intussen gebore en ek sien sommer baie daarna uit om ook vir haar volgende week te onmoet en dan die hele gesinnetjie af te neem. Dit bly maar net verstommend wonderlik elke keer as 'n nuwe mensie gebore word en twee mense wat lief is vir mekaar se wêreld vir altyd kom verdiep en verander. Wat 'n voorreg!