Maree Familie
Ek en Tanya was saam op hoërskool en in die koshuis, maar het kontak verloor tot ons mekaar amper twee jaar gelede weer raakgeloop het en uitgevind het dat ons nou altwee fotograwe is. Boonop verskil ons seuntjies net 5 maande en het intussen beste maatjies geword. Ons beide het familiefoto's nodig gehad en besluit om een Saterdag sommer altwee sessies gelyk af te handel. Ons en ons gesinne is na 'n park naby ons huis en ek en sy het letterlik gelyk model en fotograaf gespeel afhangende van wie se kind wanneer bereid was om saam te werk of eerder klilppies in die rivier wou gooi! Ek moet sê, ek was elke keer maar te dankbaar om agter die lens te kon inskuif en het nou weer opnuut begrip en waardering vir my kliënte wat nie daarvan hou om afgeneem te word nie. Die was definitief een van die [...]