Kotze Familie

Ek en Liz-Marie het mekaar destyds as regstudente op Stellenbosch leer ken, en dis haar notas wat my soms ure se swottyd gespaar het! Soos die jare aanstap word haar vriendskap vir my net meer en meer kosbaar - sy's 'n wonderlike, opregte vriendin. Sy en Pieter woon ongelukkig tans in Londen, so ons sien hulle net hopeloos te min. Met hulle mees onlangse besoek aan Suid-Afrika het hulle vir klien Philip gedoop en my gevra om 'n paar familie foto's te neem. Ek was baie opgewonde, want dit beteken ek kon 'n ekstra tydjie saam met haar en haar familie deurbring! Na 5 jaar in die VSA weet ek alte goed hoe dun gesprei jou tyd is as jy in Suid-Afrika kom kuier. Hulle kon ook nie vra vir beter tydsberekening nie, want hulle besoek, die doop en fotosessie het net mooi in die middel van die vreemde somersweer [...]