Albie en Heloise troue
Mens kan sommer dadelik sien as dit twee beste vriende is wat met mekaar trou. Twee "soulmates". En as daardie huwelik dan nog boonop gegrond is op 'n vaste geloof in God dan kan dit mos nie anders as om 'n reuse suksesverhaal te wees nie! Dit was my gedagtes toe ek met 'n glimlag wegstap van Albie en Heloise se troue. Dit was 'n groot voorreg om te kon deel in hulle spesiale dag en te sien met hoeveel opregte liefde, ondersteuning en gebed hulle omring word. Heloise het pragtig gelyk in 'n olyfgroen rok met die mooiste kantdetail en juwele om die prentjie mee af te rond. G'n wonder dat Albie nie sy oƫ van sy bruid kon afhou nie! Heloise het die vorige aand in een van die gastehuisies op Ongegund Landgoed geslaap en kon dus sommer oorstap na die kapelletjie op die perseel waar hulle in [...]