Eben en Laurico het uit Gauteng kom kuier by die Prinsloo’s. Kort voor hul koms het ek die Prinsloo gesin afgeneem en aangesien Benrico vier geword het tydens hulle vakansie het die Louw’s die geleentheid gebruik om ook ‘n paar gesinsfoto’s te laat neem. Met 5 kindertjies tussen die ouderdom van 6 maande en 4 jaar was dit ‘n sonnige en woelige oggend in die park vol lagge en huile. Die grootmense moes omtrent bontstaan almal gelukkig te hou en gelyk aan almal se behoeftes te voldoen! Teen die tyd wat almal se bubbles op die gras uitgegooi is was die tyd vir foto’s neem verby volgens die kleinspan, en was die tyd ryp vir die belofte van daai verjaarsdag koek om ‘n realiteit te word. Benrico, ek hoop jy het heerlik verder verjaar!

June 27th, 2012|Family Shoots|1 Comment

One Comment

  1. Shaun July 4, 2012 at 9:21 pm

    Helette, jy het jouself weereens oortref, al was dit ‘n groot uitdaging met al die kinders. Stunning fotos……..

Leave A Comment