My seuntjie Ben was nog nie ‘n jaar oud nie toe hy die eerste keer vir Ava in ‘n TopTots klassie gewaar. Hy het hom nie juis aan die ander kindertjies gesteur nie, maar vir Ava het hy drukkies en soentjies uitgedeel met elke kans wat hy kon kry. En mens kon dadelik sien hoekom! Sedertdien het ek en Adeline goeie vriendinne geword. Ek was so opgewonde toe sy my meedeel dat hulle graag familie foto’s wil laat neem, want ek sien lankal daarna uit om die porseleinpoppie voor die lens te kry. Die tydsberekening was perfek, want met Ava se leliewit velletjie het die sagte herfskleure die ideale sprokiesagtige agtergrond geskep. Dit was ‘n fees om die pragtige gesin af te neem!

May 13th, 2012|Family Shoots|5 Comments

5 Comments

  1. Adeline May 27, 2012 at 1:03 pm

    Wow!!!! Baie dankie vir die stunning fotos!!! Ek kon nie vir beter gevra het nie!!!! 🙂

  2. Tanya May 27, 2012 at 10:40 pm

    amazing fotos!! love almal!!

  3. Lizelle May 27, 2012 at 10:49 pm

    Dit is so stunning!! Adeline julle lyk awesome!!!

  4. Esmerelda May 28, 2012 at 3:08 am

    Dis ongelooflik mooi en natuurlik en ‘n ware prentjie v d mooiste gesin in Kaapstad.

  5. Noelle May 28, 2012 at 3:16 am

    Sooooo mooi!!! Adeline dis stunning verby!!!!

Leave A Comment