Dit was so lekker om vir Rudie en Sharon te ontmoet en af te neem al was dit ‘n lekker koue wintersmiddag teen die tyd dat die fotosessie begin het. Die twee lieflike lang mense is stil, stylvol en elegant, so al hou nie een van hulle daarvan om afgeneem te word nie, maak hulle nogsteeds pragtige prentjies! Hulle dogtertjie Amelia is intussen gebore en ek sien sommer baie daarna uit om ook vir haar volgende week te onmoet en dan die hele gesinnetjie af te neem. Dit bly maar net verstommend wonderlik elke keer as ‘n nuwe mensie gebore word en twee mense wat lief is vir mekaar se w√™reld vir altyd kom verdiep en verander. Wat ‘n voorreg!

July 3rd, 2012|Maternity Shoots|2 Comments

2 Comments

  1. Yolande August 7, 2012 at 12:42 am

    Absoluut pragtig! Rudie en Sharon is pragtige mense!

  2. Christa Peens August 7, 2012 at 8:11 am

    Sharon en Rudie is soos my eie kinders. Sou ek hulle moes beskryf, is daar geen ander manier as om dit uit die hart te doen en met n groot voorreg om hulle te ken. Sharon en Rudie is rolmodelle vir baie, nie van vandag af nie, vir baie. Hulle is Koningskinders wat Sy Liefde uitstraal en dit duidelik reeds op kleine Amelia van die begin af gedoen het. Julle is Geliefd en Geseend en ek weet julle sal nooit verander nie, julle is vir baie jare altyd dieselfde. Nederig, vol liefde en omgee vir julle medemens. God’s Rykste seen oor elke sekond dag en nag van hieraf in is my bede vir julle, julle is kosbaar <3<3

Leave A Comment