Ek het omtrent ‘n jaar gelede die pragtige seuntjie vir die eerste keer ontmoet en afgeneem en wat ‘n wonderlike voorreg was dit om te kon sien hoe hy grootword! Hy gaan verseker eendag ‘n baie handige man wees om op die plaas te hê. Gedurende ons fotosessie het hy kliphard geboer. Hy het sy rondtes by die dam gedoen, stoep gevee, gekap met sy hamer, gaan kyk na die nuwe lote in die wingerd en sommer ‘n paar stompies vasgekap, trekker en kaskar gery en lekker baie rondgehardloop! Hy is so vrolik en lewenslustig, mens kan nie help om konstant te glimlag as jy in sy teenwoordigheid is nie. Een van die kosbaarste oomblikke was toe ons probeer het om vining ‘n foto van mamma en pappa op hulle eie te neem. Rudolf het ons letterlik net ‘n paar sekondes gegee voor hy besluit het om in te val en die foto soveel ouliker te maak! En met Neels wat ook intussen deel geword het van die gesin is daar ‘n oormaat oulik op die plaas!

Ek is baie trots daarop die Mooi Getroudes hierdie sessie op hule blog geplaas het!

Rudolph-14

Rudolph-1

Rudolph-4

Rudolph-2

Rudolph-3Rudolph-5

Rudolph-10

Rudolph-9

Rudolph-6Rudolph-7

Rudolph-12

Rudolph-13

Rudolph-54

Rudolph-53

Rudolph-27

Blog42

Rudolph-32

Rudolph-30

Rudolph-33

Rudolph-34

Rudolph-66

Rudolph-64

Blog43

Rudolph-65

Rudolph-35

Rudolph-40

Rudolph-39

Rudolph-42Rudolph-43

Rudolph-58

Rudolph-46

Rudolph-44Rudolph-45

Rudolph-48

Rudolph-49

Rudolph-56

Rudolph-18Rudolph-16

Rudolph-20

Rudolph-57Rudolph-55

Rudolph-50

Rudolph-51

Rudolph-67

Rudolph-69

Rudolph-70

Rudolph-71

Rudolph-15

September 6th, 2014|Family Shoots|0 Comments

Leave A Comment