My Work

/My Work/

De Villiers Gesin

Ek is mal oor hierdie foto's! Die warm herfskleure, Nanette se stunning hare wat perfek daarby pas, die oulikste seuntjie wat jy jou kan indink en 'n ma en pa wat super cool is en enige iets pret kan maak - waarvoor meer kan mens vra! Ek het vir Arjen afgeneem toe hy 'n pasgebore babatjie was en dit was so lekker om hom nou beter te leer ken. Ek sien so uit daarna om een van die dae sy sussie te ontmoet, want met sulke gene kan sy net pragtig en oulik wees! En boonop is sy op my verjaarsdag gebore! Ek hoop julle geniet die foto's net so baie soos ek. (Dis bietjie baie, want dit was moeilik om te kies en 'n paar agtereenvolgendes vertel die storie van wat op daai oomblik gebeur het so mooi dat ek eenvoudig almal moes opsit!)

May 15th, 2017|Family Shoots, Maternity Shoots|1 Comment

Wilsenach Gesin

'n Vrolike gesin wat die gloed van die laaste sonstrale saam op die strand geniet. 'n Babatjie wat vir alles uit sy maag uit lag. Dis mos nou genoeg om enige hart warm te maak en 'n glimlag op jou gesig te sit. Dit herinner ons aan wat regtig belangrik is tussendeur die dol gejaag in hierdie deurmekaar wêreld waarin ons leef. Geniet die foto's! 12437" />

April 2nd, 2017|Family Shoots|0 Comments

Beulah en Fiellies

Beulah en Fiellies is al dekades lank saam, maar het onlangs besluit dat hulle tog maar die knoop wil deurhaak. Hulle het 'n klein intieme troue beplan met net hul heel naaste familie as gaste, maar Beulah se kollegas by Stellenbosch Universiteit met wie sy al jare lank saamwerk het op eie insisiatief 'n onthaal in die kleine gereël na die seremonie om die vreugdevolle geleentheid te vier. Dis duidelik dat die twee spesiale mense net hartsvriende maak so ver as wat hulle gaan. Beulah het al voor die troue vir my gesê sy is mal oor swart en wit foto's, maar haar rooi skoenepas, die pragtige blomme en diepblou rokke van die strooimeisies en al die ander ryk en warm kleure op hierdie helder sonnige dag pas so perfek by borrelende persoonlikheid en lus vir die lewe dat dit vir my moeilik was om die kleur weg te vat. [...]

March 25th, 2017|Wedding Shoots|0 Comments

Botha Gesin

Soms ontmoet jy mense en jy weet net jy gaan nog 'n lang pad saam met hulle stap. Wat begin het as kuiertjies tussen ons kinders wat saam in die klas is, het nou al gegroei tot 'n wonderlike vriendskap tussen ons twee gesinne en ek sien uit na nog baie jare se saam lag en kuier! Die Botha's gryp elke dag aan leef voluit vir elke oomblik en dis sigbaar in al die foto's. Dit was heerlik om die middag saam met hulle in Vergelegen deur te bring en die gesinsoomblikke tussen hulle vas te vang. Geniet die foto's!

March 25th, 2017|Family Shoots|1 Comment

Anika du Plessis

Drie jaar gelede was Nadia 'n pasgebore babatjie en die ster van die fotosessie. Vandag straal sy as ousus vir haar pragtige nuwe babasussie vir wie sy duidelik klaar baie lief is!

March 16th, 2017|Newborn Shoots|0 Comments

Aliki, Persian Rose and Liberty

I photographed Aliki and her horse Persian Rose four years ago. They have since added another absolute beauty to the family and needed some updated photos. Feast your eyes on these three stunners!

March 15th, 2017|Equine Shoots|0 Comments

Du Plessis gesin

Die laaste keer wat ek die Du Plessis gesin gesien het was Nadia 'n pasgebore babatjie en nou is sy 'n pragtige, uitbundige dogtertjie wat binnekort 'n ousus gaan word! Die wind het die middag van ons fotosessie glad nie saamgewerk nie en die arme Nadia 'n paar keer in trane gehad, maar hulle het besluit om dapper deur te druk en te danke aan die ongure weer het mamma en pappa heelwat meer drukkies en soentjies gekry as wat andersins die geval sou wees. Dit het gesorg vir 'n paar kosbare oomblikke wat ek kon vasvang van haar laaste rukkie as enigste kind. 'n Spesiale tydjie wat elke ouer koester.

March 7th, 2017|Maternity Shoots|0 Comments

Lara word 1

Wat 'n voorreg om die pragtige Lara-pop weer te kon afneem! Haar ma het 'n Bohemian tema gekies, wat perfek pas by Lara se borrelende persoonlikheid, om die groot mylpaal te vier. Alles was so mooi en keurig en 'n absolute lus vir die oog!

February 26th, 2017|Events|0 Comments

Alexander Smith

Ek is so bly saam met Nadia en Alec dat Alexander uiteindelik hier is! Hulle het lank gewag vir die babatjie en was dit nie die moeite werd nie. Hy is die oulikste, rustigste en mees tevrede baba wat jy jou kan indink. Ek is seker hy gaan vir hulle net vreugde bring. Die honde is vreeslik beskermend teenoor hulle nuwe boetie en het my selfs 'n paar keer probeer blok as ek te naby kom om 'n foto te neem, maar ek dink hulle besef ook dat hulle status as nommer een in die huis so 'n bietjie in gedrang is! Dit was heerlik om die oggend saam met julle vyf deur te bring. Geniet julle pragtige seuntjie!

February 23rd, 2017|Newborn Shoots|0 Comments

Davis Wedding

Jim and Carole are from the UK but they love South Africa and visit here often. Jim's dad turned 100 this year and the whole family came to celebrate his birthday here. He mentioned at the party that the two of them should please get married before he dies. They figured now would be as good a time as any, seeing that they have been together for 35 years already, and with everyone here anyway they organised the wedding with one day to spare before Jim's dad had to fly back to the UK! It was such an honour to photograph this special and intimate occasion. Thanks so much for asking me to take the pictures. It was wonderful to meet all of you and I wish you many many more happy years together. Thanks a million to Marlize Botha for being my second shooter and second set of hands [...]

February 6th, 2017|Events|2 Comments