Maria (my ander uiters fotogeniese skoonsuster!) is ‘n baie talentvolle klarinetspeler en het foto’s nodig gehad vir haar webwerf. Ek en sy het Stellenbosch ingevaar met ‘n paar uitrusting en ‘n paar rowwe idees van hoe die foto’s moet lyk, maar toe ons eers begin het ons altwee so opgewonde en meegevoer geraak dat die fotosessie basies ‘n lewe van sy eie gekry het. Maria het kans gesien vir enige iets en het selfs met haar trourok ‘n groot ou eikeboom ingevaar wat in die middel van die pad staan! Dit was vet pret, dankie Maria! Ek wil amper sover gaan as om te se dat “portrait shoots” sover my gunsteling is. 🙂
Leave A Comment