Ek en Tanya was saam op hoërskool en in die koshuis, maar het kontak verloor tot ons mekaar amper twee jaar gelede weer raakgeloop het en uitgevind het dat ons nou altwee fotograwe is. Boonop verskil ons seuntjies net 5 maande en het intussen beste maatjies geword. Ons beide het familiefoto’s nodig gehad en besluit om een Saterdag sommer altwee sessies gelyk af te handel. Ons en ons gesinne is na ‘n park naby ons huis en ek en sy het letterlik gelyk model en fotograaf gespeel afhangende van wie se kind wanneer bereid was om saam te werk of eerder klilppies in die rivier wou gooi! Ek moet sê, ek was elke keer maar te dankbaar om agter die lens te kon inskuif en het nou weer opnuut begrip en waardering vir my kliënte wat nie daarvan hou om afgeneem te word nie. Die was definitief een van die meer interessante en opwindende fotosessies wat ek nog gedoen het. Dankie aan die Maree’s vir ‘n lekker middag by die rivier! (Hier’s die foto’s van ons wat Tanya geneem het.)
Wow, Helette die foto’s is stunning! Mis nou sommer vir Tandjies & kie x
Pragtige foto’s!
Sjoe ek kan nie genoeg dankie te se vir die special/beautiful fotos nie, maar kom ek probeer…
dankie, dankie, dankie, dankie, dankie, dankie, dankie
dankie, dankie, dankie, dankie, dankie, dankie, dankie
dankie, dankie, dankie, dankie, dankie, dankie, dankie
dankie, dankie, dankie, dankie, dankie, dankie, dankie….
x0x
🙂
Oooo dit is beautifull fototjies! Hellette stunning werk! Tanya – julle is ‘n beautifull gesin!
Mooi was nog NOOIT lelik nie!!! Blessings vir julle albei! xxx
Die foto’s is baie mooi!
Hi Helette! Dit is stunning fotos! Jy het ‘n ongelooflike gawe!
En Tanya, jy lyk pragtig op die fotos! So spyt jy is weg uit Upt!