Ek het vir Lani ontmoet in ‘n ma en baba speelgroepie toe ons oudste kindertjies skaars ‘n jaar oud was, en nou is hulle al amper vyf! Mens besef opnuut hoe vinnig tyd verby vlieg as jy sien hoe gou die pragtige kindertjies grootword. Dit was so lekker om vir Lani en haar gesin af te neem en ‘n ekstra bonus om haar suster se gesin en ma en pa ook te ontmoet! Dit was ‘n heerlike familie saamtrek en so mooi om die goeie verhoudings tussen hulle almal en veral tussen en die neefs en niggies te sien, selfs al bly hulle ver uit mekaar. Dit was so spesiaal om dit te kon vasvang en ek sĂȘ nogmaals dankie vir die geleentheid. Hoop julle geniet die foto’s!
Leave A Comment