Ek en Liz-Marie het mekaar destyds as regstudente op Stellenbosch leer ken, en dis haar notas wat my soms ure se swottyd gespaar het! Soos die jare aanstap word haar vriendskap vir my net meer en meer kosbaar – sy’s ‘n wonderlike, opregte vriendin. Sy en Pieter woon ongelukkig tans in Londen, so ons sien hulle net hopeloos te min. Met hulle mees onlangse besoek aan Suid-Afrika het hulle vir klien Philip gedoop en my gevra om ‘n paar familie foto’s te neem. Ek was baie opgewonde, want dit beteken ek kon ‘n ekstra tydjie saam met haar en haar familie deurbring! Na 5 jaar in die VSA weet ek alte goed hoe dun gesprei jou tyd is as jy in Suid-Afrika kom kuier. Hulle kon ook nie vra vir beter tydsberekening nie, want hulle besoek, die doop en fotosessie het net mooi in die middel van die vreemde somersweer geval wat die Bolanders die jaar in die middel van die winter geniet!
Dit was wonderlik om die perfekte wintersdag saam met julle op Stellenbosch deur te bring, hoop julle geniet die foto’s!
Helette, die foto’s is net ongelooflik mooi. Dis regtig vir my baie spesiaal en jy kry dit reg om elkeen van ons se persoonlikhede so goed vas te vang. Baie dankie en ek praat namens ons hele Kotze familie. Een van my gunsteling foto’s is ons vier kinders, regtig mooi, maar dan is die een saam met my en my man en ons twee seuns vir my ook baie mooi. Sal jou regtig vir enige iemand en enige spesiale geleentheid hoog aanbeveel.
Groete
Ellen
Kotze familie
Die wêreld is darem klein! Ons het op buurplase grootgeword, en ek het al die kotze-kinders so lank laas gesien!! Tannie Ingrid, jy het ‘n pragtige familie!