Ons familie het onlangs ‘n pragtige babadogtertjie ryker geword. Ek het een Saterdagoggend bietjie by my skoonsussie gaan kuier en ‘n paar foto’s van haar en haar derde dogtertjie geneem. Ek verwonder my altyd aan die volmaaktheid en onskuld van sulke pasgebore babatjies. Dit bly darem maar net een van die grootste wonderwerke en voorregte wat aan ons geskenk word om te geniet. Daarna het ons twee gesinne en my skoonouers ‘n heerlike middagete-piekniek aan mekaar geslaan en heerlik gekuier. Welkom in die familie Judy!

August 27th, 2011|Newborn Shoots|2 Comments

2 Comments

  1. Sonja September 16, 2011 at 1:36 am

    Stunning pics! Geluk aan jou & jou skoonsus. Haar ring wat sy dra het my aandag getrek!

  2. Mariette Meyer September 16, 2011 at 5:01 am

    Hallo Helette!

    Baie geluk met jou pragtige foto`s. Een van die dae vir jou! Ek hoop alles gaan goed met jou en Christi.

    Liefde

Leave A Comment