Hierdie fotosessie was geweldig baie pret. Erika en Dup is sulke lekker mens-mense en kort nadat jy hulle ontmoet het voel hulle soos ou vriende. Tussendeur die lag vir die oulike twee honde se eskapades en al die lekker gesels het die tyd omgevlieg! Dit was ‘n groot voorreg om die spesiale tyd in hul lewens te kon vasvang en ek is saam met hulle opgewonde om binnekort vir klein Nadia te ontmoet!
Leave A Comment