My eerste amptelike “photo shoot”! Ek het letterlik ‘n paar aande gelede in die bed gelê en besluit dis tyd dat ek iets meer maak van my fotografie. Ek is geseënd met ‘n klomp aantreklike en baie fotogeniese familielede, so wie beter as hulle om in te span as proefkonyne. Ek het ‘n afspraak gemaak met hulle, myself ‘n vaste tyd gegee waarbinne ek die sessie moes afhandel en als hanteer asof hulle my eerste werklike kliënte was. My skoonsus Carina en haar twee pragtige dogtertjies (Clara-Marie en Pippa) was baie gewillige modelle en het dalk als baie makliker gemaak as wat dit veronderstel is om te wees! Maar die hele ervaring was soveel pret dat ek verseker hierdie nuwe onderneming gaan voortsit, kom wat wil. En wat ‘n voorreg sal dit nie wees om iets wat mens so geniet as ‘n “werk” te doen nie. Dankie julle drie!!

May 3rd, 2010|Family Shoots|0 Comments

Leave A Comment