Hierdie pragtige pastel troue is ‘n bewys dat baie liefde,’n bietjie kreatiwiteit en ‘n spanpoging al is wat nodig is om ‘n groot sukses van ‘n troue te maak. Jo-Mari en Conrad is albei van Somerset-Wes en het besluit om net plaaslike diensverskaffers te gebruik en waar hulle kon het hulle en hul vriende en familie als self gedoen. Haar sussie se dogtertjie was net die oulikste blommemeisie ooit en ek moes omtrent my lag hou toe sy en haar boetie met groot mening en vreeslike gesigsuitdrukkings daai blaartjies in die paadjie af strooi! Wat dit ekstra spesiaal gemaak het is dat haar ma self destyds daai einste rokkie as blommemeisie by ‘n troue gedra het! Dis duidelik dat Conrad en Jo-Mari ‘n baie spesiale plekkie in hule vriende en familie se harte het en die troue was gevul met liefde en waardering vir mekaar. Dit was ‘n groot voorreg om ‘n deel te kon wees van so ‘n ware bruilofsfees!
Hi! prigtige foto’s! kan jy my dalk ASSEBLIEF se waar jy die foto’s van die bruid en bruidegom geneem het? (CONRAD EN JO-MARI)
Dankie Mariska, dis in Radloff Park in Somerset-Wes geneem.