Dis nie nodig om baie tyd saam met die Coetzee’s deur te bring om uit te vind dat hulle ‘n baie hegte gesin is nie. Daar is duidelik baie warmte en ‘n oorvloed liefde in hulle huis. Dit was vir my veral mooi om te sien hoe erg die boetie en sussie oor mekaar is. Ek wou hulle opvreet toe ek hulle vra om by die bome te staan vir ‘n foto en hulle spontaan ‘n dansie begin doen! Baie dankie vir die geleentheid om julle te kon afneem, dit was heerlik om julle te ontoet!
Leave A Comment