My niggie Christelle en haar man Hennie word eersdaags ouers en aangesien dit die eerste keer in ons familie is wat daar kleinkinders bykom na my twee, is die opwinding groot! Ons het een pragtige lente middag sommer gou ‘n paar foto’s gaan neem om die opwindende en spesiale tyd vas te vang. Ek kon my geluk nie glo toe ons oppad na die park die mooiste bloeisels langs die pad op die sypaadjie sien staan nie! Ons het sommer net daar die eerste foto’s geneem en dis so pragtig simbolies van die begin van die nuwe seisoen in hulle lewe. Hoop julle geniet die foto’s!
Helette, baie dankie dat jy ons foto sessie so spesiaal gemaak het. Jy het regtig `n ongelooflike talent vir foto’s neem & bygesê het ons dit geniet, lekker gelag & op ons gemak gevoel. Baie liefde jou niggie & haar man.
Ongelooflike mooi fotos van twee baie spesiale mense
So bly julle is in my lewe.
Ai kinders julle is sooooo pragtig. Ons is saam met julle opgewonde. En weet hierdie baba gaan ń baie spesiale Pappa en Mamma hê. Jul foto’s is pragtig