Newborn Shoots

/Newborn Shoots

Emma Walsh

Just how gorgeous is this little red hair angel! It feels like yesterday that I took her sister Amy's newborn photos. Even though it is still a bit hard for her to accept that there is now a new baby in the house I am sure that Amy is going to adore this cute little living doll very soon. Amy's expression in some of these photos are just priceless. At least she got to spend some awesome quality time with dad while mom was busy with Emma and she thoroughly enjoyed that part of the shoot. Congratulations on your beautiful family. Enjoy every minute of this new chapter!

August 18th, 2017|Newborn Shoots|0 Comments

Denni Kriel

I have had the wonderful privilege of photographing this beautiful family a couple of times before and it was so great to meet their newest member, little Denni. She is two months old and just as cute as can be. Her facial expressions alone tells a story in itself! Her big sister Leah was fascinated with the clicking sound my camera made and I love how she mimicked me by pinching her fingers together each time I took a photo! She was very concerned, though, because to her it sounded like something was breaking inside and after each photo she said: "O oh, what happened?" Never a dull moment with kids around! Leandra and Wian, thanks so much for welcoming me into your home and allowing me to capture these special moments in your life again. Enjoy the photos!

August 6th, 2017|Family Shoots, Newborn Shoots|0 Comments

Bienne de Villiers

Die lewe met 'n pasgebore nuwe baba in die huis is terselfde tyd dol en rustig, deurmekaar en vreedsaam en definitief onvoorspelbaar. Alles kom tot stilstand en jou fokus verskuif vir 'n wyle volledig na die klein wonderwerkie wat aan jou toevertrou is en dit verdwerg alles anders. Jy verkyk jou aan elke detail en koester elke geluidjie en gesigsuitdrukking. Hierdie eerste rukkie voel dalk soos 'n ewigheid, maar dis binne 'n oogwink verby. Daarom neem ek dit af soos dit is. Nat hare omdat die oggend nie uitgedraai het soos dit moes nie, babas wat net nie wil slaap of neergesit wees nie. Alles, alles daarvan is mooi en so so kosbaar.

June 14th, 2017|Newborn Shoots|0 Comments

Anika du Plessis

Drie jaar gelede was Nadia 'n pasgebore babatjie en die ster van die fotosessie. Vandag straal sy as ousus vir haar pragtige nuwe babasussie vir wie sy duidelik klaar baie lief is!

March 16th, 2017|Newborn Shoots|0 Comments

Alexander Smith

Ek is so bly saam met Nadia en Alec dat Alexander uiteindelik hier is! Hulle het lank gewag vir die babatjie en was dit nie die moeite werd nie. Hy is die oulikste, rustigste en mees tevrede baba wat jy jou kan indink. Ek is seker hy gaan vir hulle net vreugde bring. Die honde is vreeslik beskermend teenoor hulle nuwe boetie en het my selfs 'n paar keer probeer blok as ek te naby kom om 'n foto te neem, maar ek dink hulle besef ook dat hulle status as nommer een in die huis so 'n bietjie in gedrang is! Dit was heerlik om die oggend saam met julle vyf deur te bring. Geniet julle pragtige seuntjie!

February 23rd, 2017|Newborn Shoots|0 Comments

Lika van der Merwe

Dit is nie 'n storie wat almal kan vertel nie. Marelie en Trix was vriendinne op skool en daarna het hulle vir 'n ruk lank ver van mekaar gewoon. Altwee het onlangs toevallig na die Kaap verhuis en uitgevind dat hulle altwee swanger is. Die twee vriendinne het toe mekaar as "buurvroue" in die hospitaal raakgeloop en op dieselfde dag elkeen 'n baba dogtertjie ryker geword! Ek het die wonderlike voorreg gehad om altwee die spesiale babatjies af te neem en vandag deel ek Marelie en Andre se beeldskone poppie se foto's met julle. Ek is versot op die pragtige baba kamer! Marelie het alles self beplan en by mekaar gesit. Al die houtwerk is deur haar broer gedoen en die hekelwerk deur haar skoonsus. Wat 'n span!

July 20th, 2016|Newborn Shoots|0 Comments

Trixie de Waal

Ek het nie woorde om te beskryf hoe spesiaal dit vir my was om Trix en Danie se eerste babatjie te kon afneem nie. Trix en haar drie sussies het oorkant ons gebly in Springbok toe ons altwee nog klein dogtertjies was en hulle huis was vir my en my broer soos ons tweede huis. Ons het later Windhoek toe getrek en hulle Malmesbury toe en daarna het ons paaie tydelik geskei. Baie jare het verloop. Trix en Danie het teruggekeer vanaf Angola na Suid-Afrika en my man het onlangs by dieselfde firma as Trix se ouer sussie begin werk en dit was meer as genoeg rede om die bande weer op te tel. En toe kom die wonderlike nuus! Trixie is die eerste babatjie in hulle familie en het baie gepas haar ouma se naam gekry. 'n Ouma wat die mooiste vrou was wat ek nog geken het en [...]

July 8th, 2016|Newborn Shoots|0 Comments

De Villiers Gesin

Dit was so 'n voorreg om Nanette en Pierre-Benn se eerste babatjie te kon afneem! Ten spyte van al ons pogings wou die pragtige klein seuntjie net niks weet van slaap nie en het vreeslik belang gestel in alles wat om hom aangaan. Gelukkig het die slaap hom einde ten laaste darem oorval en kon ons die paar kaal foto's neem wat sy ma so graag wou hĂȘ om daardie kleinste lyfie vir ewig te kan onthou!

August 5th, 2015|Newborn Shoots|0 Comments

Ian

Hierdie pragtige klein seuntjie gesiggie is genoeg om enige moeder hart heeltemal week te maak! Hy is die dierbaarste, soetste babatjie en word omring deur liefde. Selfs sy oupa en ouma wat naby woon kom loer elke oggend in as dit sy wakker tyd is om bietjie met hom te kuier. Baie dankie dat julle my gevra het om die kosbare tyd af te neem. Dit was heerlik om die oggend saam met julle te spandeer!

June 12th, 2015|Newborn Shoots|0 Comments

Opperman gesin

Die Opperman gesin het nog 'n pragtige seuntjie ryker geword! Alhoewel hulle tans in Seychelles woon was dit groot 'n voorreg vir my om ook die kosbare tyd in hulle lewe te kon vasvang tydens hulle onlangse kuier in Suid-Afrika. Dit was 'n heerlike ontspanne fotosessie in hulle huis waar elkeen doen wat hulle elke dag doen. Baie dankie dat ek weer julle foto's kon neem, ek het dit geweldig baie geniet! Geniet julle oulike seuntjies en hoop ons sien mekaar gou weer!

October 30th, 2014|Family Shoots, Newborn Shoots|0 Comments