Maternity Shoots

/Maternity Shoots

Marie en Theunis

Dit was 'n koue, bewolkte wintersmiddag in Gordonsbaai, maar die twee met hulle sonnige geaardhede het dit na mooi weer laat voel. Ek het so 'n lekker tyd met hulle gehad! Dis so mooi om te sien hoe verlief hulle op mekaar is in afwagting op die babatjie wat kom, maar die mooiste van als is hoeveel pret hulle saam het en hoe maklik hulle mekaar laat lag. Dit laat elke foto straal al was daar nie 'n enkele sonstraal in sig nie! Dis voorwaar 'n baie gelukkige baba wat die twee as ouers gaan kry en ek kan nie wag om hom/haar ook een van die dae te ontmoet nie!

August 19th, 2018|Maternity Shoots|0 Comments

Maree Gesin

Die Maree's word een van die dae nog 'n seuntjie ryker. Tanya se swangerskap was uitdagend en moeilik die keer met skokkende nuus en heelwat onsekerhede wat hulle moes verwerk deurentyd. Maar sy en Lyle is twee besondere sterk, diep gelowige mense met 'n pragtige verhouding en die wonderlikste ondersteunende vriendekring wat jy jou kan indink, want hulle twee is net so mooi van binne as van buite! Ek is so dankbaar dat ons die laaste rukkie van haar swangerskap so mooi kon vasvang noudat hulle gevul is met vrede en sy behoorlik straal. Ek kan nie wag om klein Cobee, die wonderwerk baba, te ontmoet nie. Hy kon nie vra vir 'n beter gesin om van deel te word nie!

August 12th, 2018|Maternity Shoots|0 Comments

Mariska en Peet

Mariska en Peet het uit Pietersburg by sy ma en suster in die Kaap kom kuier en toe die fotosessie as geskenk by hulle gekry. Ons het die mooiste laat wintersmiddag op die strand saam deurgebring om hulle laaste rukkie as gesin van twee vas te vang in afwagting op die wonderlike seuntjie geskenk wat hulle binnekort gaan ontvang!

August 5th, 2017|Maternity Shoots|0 Comments

Walsh Family

A child's innocence and joy for life is infectious, especially when you are in the company of a cute 4 year old girl. She was not too keen on having her photo taken at first, but then the beautiful setting and the wonder of being out in nature got to her and this maternity session promptly turned into a hunt for pine cones, playing hide and seek, jumping in mud puddles and stories about Peppa Pig. Followed by hugs and kisses and overall silliness. Perfect. You are going to be an amazing big sis, Amy!

July 10th, 2017|Family Shoots, Maternity Shoots|1 Comment

De Villiers Gesin

Ek is mal oor hierdie foto's! Die warm herfskleure, Nanette se stunning hare wat perfek daarby pas, die oulikste seuntjie wat jy jou kan indink en 'n ma en pa wat super cool is en enige iets pret kan maak - waarvoor meer kan mens vra! Ek het vir Arjen afgeneem toe hy 'n pasgebore babatjie was en dit was so lekker om hom nou beter te leer ken. Ek sien so uit daarna om een van die dae sy sussie te ontmoet, want met sulke gene kan sy net pragtig en oulik wees! En boonop is sy op my verjaarsdag gebore! Ek hoop julle geniet die foto's net so baie soos ek. (Dis bietjie baie, want dit was moeilik om te kies en 'n paar agtereenvolgendes vertel die storie van wat op daai oomblik gebeur het so mooi dat ek eenvoudig almal moes opsit!)

May 15th, 2017|Family Shoots, Maternity Shoots|1 Comment

Du Plessis gesin

Die laaste keer wat ek die Du Plessis gesin gesien het was Nadia 'n pasgebore babatjie en nou is sy 'n pragtige, uitbundige dogtertjie wat binnekort 'n ousus gaan word! Die wind het die middag van ons fotosessie glad nie saamgewerk nie en die arme Nadia 'n paar keer in trane gehad, maar hulle het besluit om dapper deur te druk en te danke aan die ongure weer het mamma en pappa heelwat meer drukkies en soentjies gekry as wat andersins die geval sou wees. Dit het gesorg vir 'n paar kosbare oomblikke wat ek kon vasvang van haar laaste rukkie as enigste kind. 'n Spesiale tydjie wat elke ouer koester.

March 7th, 2017|Maternity Shoots|0 Comments

Ncumisa and Bongani

Ncumisa and Bongani will be welcoming there first little baby boy into this world very soon. We spent a beautiful evening together on Gordon's Bay beach to capture these last special moments of Ncumisa's pregnancy as the sun was setting. Perfect!

April 30th, 2015|Maternity Shoots|0 Comments

Erika en Dup

Hierdie fotosessie was geweldig baie pret. Erika en Dup is sulke lekker mens-mense en kort nadat jy hulle ontmoet het voel hulle soos ou vriende. Tussendeur die lag vir die oulike twee honde se eskapades en al die lekker gesels het die tyd omgevlieg! Dit was 'n groot voorreg om die spesiale tyd in hul lewens te kon vasvang en ek is saam met hulle opgewonde om binnekort vir klein Nadia te ontmoet!

September 14th, 2014|Maternity Shoots|0 Comments

Christelle en Hennie

My niggie Christelle en haar man Hennie word eersdaags ouers en aangesien dit die eerste keer in ons familie is wat daar kleinkinders bykom na my twee, is die opwinding groot! Ons het een pragtige lente middag sommer gou 'n paar foto's gaan neem om die opwindende en spesiale tyd vas te vang. Ek kon my geluk nie glo toe ons oppad na die park die mooiste bloeisels langs die pad op die sypaadjie sien staan nie! Ons het sommer net daar die eerste foto's geneem en dis so pragtig simbolies van die begin van die nuwe seisoen in hulle lewe. Hoop julle geniet die foto's!

August 10th, 2014|Maternity Shoots|3 Comments

Fourie Gesin

Ek het vir Janine en Marcel twee jaar terug ontmoet tydens ons fotosessie toe sy swanger was met Milè. Ek het ook die voorreg gehad om die pragtige klein Milè, oor wie se koms hulle SO opgewonde was, te kon ontmoet en afneem. Ek was dus bitter opgewonde toe Janine my onlangs weer kontak vir swangerskap foto's. Janine het ook onlangs haar Meestersgraad in belasting gekry, so daar is dubbeld rede vir gelukwense en foto's! (Hoe sy dit gedoen het met 'n tweejarige, weet ek nie. Al wat ek weet, is dat ek geweldig beïndruk is met haar deursettingsvermoë!) Milè was as pasgebore babatjie lekker woelig en wou nie veel weet van slaap nie. Al daai persoonlikheid wat opgesluit was in daai kleine lyfie blom nou behoorlik. Sy is die oulikste, dierbaarste dogtertjie wat jy jou kan voorstel! En net so besig soos toe! Sy sal vir my die mooiste [...]

June 12th, 2014|Family Shoots, Maternity Shoots|0 Comments