Mens kan sommer dadelik sien as dit twee beste vriende is wat met mekaar trou. Twee “soulmates”. En as daardie huwelik dan nog boonop gegrond is op ‘n vaste geloof in God dan kan dit mos nie anders as om ‘n reuse suksesverhaal te wees nie! Dit was my gedagtes toe ek met ‘n glimlag wegstap van Albie en Heloise se troue. Dit was ‘n groot voorreg om te kon deel in hulle spesiale dag en te sien met hoeveel opregte liefde, ondersteuning en gebed hulle omring word. Heloise het pragtig gelyk in ‘n olyfgroen rok met die mooiste kantdetail en juwele om die prentjie mee af te rond. G’n wonder dat Albie nie sy oë van sy bruid kon afhou nie! Heloise het die vorige aand in een van die gastehuisies op Ongegund Landgoed geslaap en kon dus sommer oorstap na die kapelletjie op die perseel waar hulle in die huwelik bevestig is. Daarna is die onthaal in die gebou net langsaan gehou so dit was glad nie nodig vir ‘n troukar of enige gerondryery vir die gaste nie. Dit alles het bygedra tot die intieme gevoel van die dag. Nogmaals dankie dat julle my toevertou het met die taak om die wonderlike geleentheid vas te vang. Mag daar nog baie jare van geluk vir julle voorlê!

April 16th, 2011|Wedding Shoots|15 Comments

15 Comments

  1. Esta May 20, 2011 at 3:11 am

    Wow!!! Soooo stunning !

  2. Etrecia Schoonees May 20, 2011 at 3:55 am

    Fotos pragtig, Helette jy mag maar!!!!

  3. Karen Coetzee May 20, 2011 at 10:24 am

    Baie special fotos vir ‘n special troue MOOI MOOI MOOI

  4. Sandra Botha May 20, 2011 at 10:49 pm

    Fotos vang gees en toegeneentheid van ‘n wonderlike dag vas.Stunning.

  5. Sannie Briel May 22, 2011 at 10:57 pm

    Pragtige fotos van ‘n pragtige bruid en bruidegom! Awesome!!

  6. Vernon en Leonie May 23, 2011 at 3:51 am

    Absoluut Pragtig. Droommooi soos die hele troue was. So bly ons kon deel wees van die spesiale dag.

  7. oupa Coetzee May 23, 2011 at 7:40 am

    Great !!!!

  8. Phia May 24, 2011 at 1:13 am

    Pragtige foto’s ek is so “impressed” jy staan vir geen fotograaf terug nie!!
    Goeie werk!

  9. Nanni van der Merwe - Namibia May 30, 2011 at 11:53 pm

    Gegroet almal, Saartjie het vir my ook “include”, pragtige pics – Heloise jou rok was pragtig, jy het so mooi gelyk, wens dat daar elke dag net die mooiste blomme in jul lewens tuin sal groei. Lewe volluit. Komplimente aan die fotograaf♥

  10. Renzana Swart June 9, 2011 at 3:46 am

    Dis Stunning ! Julle lyk sooooo mooi saam

  11. Du Toit van den Bergh June 10, 2011 at 6:08 am

    Dis regtig baie mooi julle!
    Spyt ons het dit misgeloop!

    Baie geluk en voorspoed! 🙂

  12. Atta June 10, 2011 at 10:12 am

    Heloïse jy het pragtig gelyk!!!!! Julle is `n pragtige paartjie!!!!!!! My wense aan julle is dat julle net geluk mag beleef, wandel op die wee van die Here, dan kan jul net `n geslaagde huwelik hê! Liefde hier uit die Noord-Wes!!

  13. Liesl June 11, 2011 at 4:15 pm

    Julle troue was prentjie mooi, en jy het soos ‘n Prinses gelyk.
    Wens ons kon ook daar wees.
    Al ons baie liefde van ver af.

  14. Griet en Daan July 10, 2011 at 2:07 am

    Fotos stunning, ons was so bevoorreg om die dag saam met julle deur te bring

  15. Leoni van den Berg August 18, 2011 at 12:02 am

    Heloise, julle altwee lyk pragtig!! Stunning foto’s! Baie Geluk, mag julle al die voorspoed in die wêreld hê, julle verdien dit!!

Leave A Comment