Yearly Archives: 2011

/2011

Moller/Fourie Familie

Ek kon nie vra vir 'n beter fotosessie om die nuwe jaar mee af te skop nie! Ilze-Mare het my gevra om foto's te neem van haar en haar man saam met haar ouers en broers en susters. Hulle woon almal verspreid oor die land en dis duidelik dat hulle absoluut die meeste maak van elke oomblik wat hulle almal saam kan wees. Dis net 'n plesier om sulke vriendelike en vreugdevolle mense af te neem wat oorloop van die lewenslus! Dankie vir die geleentheid, dit was 'n voorreg om julle af te neem en 'n tydjie saam met julle te spandeer. Alles van die beste vir 2012!

December 18th, 2011|Family Shoots|3 Comments

Maree Familie

Ek en Tanya was saam op hoërskool en in die koshuis, maar het kontak verloor tot ons mekaar amper twee jaar gelede weer raakgeloop het en uitgevind het dat ons nou altwee fotograwe is. Boonop verskil ons seuntjies net 5 maande en het intussen beste maatjies geword. Ons beide het familiefoto's nodig gehad en besluit om een Saterdag sommer altwee sessies gelyk af te handel. Ons en ons gesinne is na 'n park naby ons huis en ek en sy het letterlik gelyk model en fotograaf gespeel afhangende van wie se kind wanneer bereid was om saam te werk of eerder klilppies in die rivier wou gooi! Ek moet sê, ek was elke keer maar te dankbaar om agter die lens te kon inskuif en het nou weer opnuut begrip en waardering vir my kliënte wat nie daarvan hou om afgeneem te word nie. Die was definitief een van die [...]

September 4th, 2011|Family Shoots|7 Comments

Judy du Toit

Ons familie het onlangs 'n pragtige babadogtertjie ryker geword. Ek het een Saterdagoggend bietjie by my skoonsussie gaan kuier en 'n paar foto's van haar en haar derde dogtertjie geneem. Ek verwonder my altyd aan die volmaaktheid en onskuld van sulke pasgebore babatjies. Dit bly darem maar net een van die grootste wonderwerke en voorregte wat aan ons geskenk word om te geniet. Daarna het ons twee gesinne en my skoonouers 'n heerlike middagete-piekniek aan mekaar geslaan en heerlik gekuier. Welkom in die familie Judy!

August 27th, 2011|Newborn Shoots|2 Comments

Steed Richardson

Steed Richardson is a local kettle bell trainer and needed some profile and actions photos of himself to advertise his business. You can visit his page on the FLUX website to learn more about him and this dynamic and interesting sport. Thanks for asking me to take your photos, Steed. It was a fun shoot and great to meet you. I wish you all the best and lots of success with your new venture!

August 9th, 2011|Portrait Shoots|1 Comment

Moore Family

Wesley and Karyne Moore decided to give up Canada for a year to study in South Africa. Their stay here is coming to an end in a few months and they wanted some family photos to celebrate this wonderful opportunity. Other than calling it home for a year, their bond with our beautiful country is much deeper and more permanent than that, seeing that they adopted their oldest son from the Eastern Cape a few years ago. They are a delightful, warm family with tons of love going around between the four of them and I wish them many happy returns to South Africa!

August 2nd, 2011|Family Shoots|4 Comments

Kotze Familie

Ek en Liz-Marie het mekaar destyds as regstudente op Stellenbosch leer ken, en dis haar notas wat my soms ure se swottyd gespaar het! Soos die jare aanstap word haar vriendskap vir my net meer en meer kosbaar - sy's 'n wonderlike, opregte vriendin. Sy en Pieter woon ongelukkig tans in Londen, so ons sien hulle net hopeloos te min. Met hulle mees onlangse besoek aan Suid-Afrika het hulle vir klien Philip gedoop en my gevra om 'n paar familie foto's te neem. Ek was baie opgewonde, want dit beteken ek kon 'n ekstra tydjie saam met haar en haar familie deurbring! Na 5 jaar in die VSA weet ek alte goed hoe dun gesprei jou tyd is as jy in Suid-Afrika kom kuier. Hulle kon ook nie vra vir beter tydsberekening nie, want hulle besoek, die doop en fotosessie het net mooi in die middel van die vreemde somersweer [...]

July 9th, 2011|Family Shoots|2 Comments

Kirsty’s Matric Farewell

When Kirsty first contacted me and told me she wanted photos taken for her matric farewell on their beautiful wine estate on the Helderberg mountain with spectacular views over Cape Town and the ocean I got very excited. But when the day finally came, it thankfully didn't rain, but everything was soaking wet and soggy. Definitely not the type of terrain you want a girl to trot in who's dressed to the nines (in very sexy shoes) and ready for her big night out! So we had to work with what we could, and I must say, I just love the dramatic look of the cloudy, misty skies in the photos. Even though we didn't even begin to exploit all the photographic potential their farm has to offer, the love that was present on Kirsty's special day and the lengths her family and friends went to to make it extra [...]

June 25th, 2011|Couples Shoots|1 Comment

Louw Familie

Wat 'n wonderlike, liefdevolle familie! Ek moes net omtrent bontstaan om by te hou by die energievlak van die twee klein mannetjies. Jean-Pierre en Robert is twee volbloed seuntjies. Hulle sit of staan nie vir 'n oomblik stil nie, terg mekaar, wys vir mekaar hulle spiere en alle drukkies ontaard binne oomblikke in 'n rugby-vasvat! Maar 'n tekort aan liefde is daar definitief nie in die gesin nie, en die drie manne is veral baie erg oor die ma van die huis - sy is deurentyd oorval deur die soene! Wat 'n voorreg. En asof dit nie genoeg is nie het daar teen die einde van die fotosessie 'n pragtige klein Labrador hondjie verbygeloop en hy en die seuns kon mekaar wedersyds nie weerstaan nie! Te oulik vir woorde... Laat mens net weer opnuut besef familie kom eerste. Kinders wat grootword in 'n huis vol liefde, dissipline en ondersteuning is [...]

May 17th, 2011|Family Shoots|0 Comments

Elli’s Christening

I was so very privileged to be a part of this amazing and intimate private family affair. Louise and Hilton's close family came from all over the Western Cape to witness their little girl's christening. Even Hilton's 84 year old dad managed to attend. All of this happened on one of the most perfect autumn days in Hermanus. The minister of the United Church met them after the regular Sunday morning service and performed the ceremony with only the family present. Elli was absolutely the star of her own show, staring at the Minister the whole time as if hanging on his every word - even laughing at the right moments! He gave her a proper dousing but she came out happy and laughing. Just too adorable. Afterwards we went to the Fernkloof Nature Reserve to take a few family photographs to record this special occasion of having everyone together [...]

May 1st, 2011|Family Shoots|5 Comments

Albie en Heloise troue

Mens kan sommer dadelik sien as dit twee beste vriende is wat met mekaar trou. Twee "soulmates". En as daardie huwelik dan nog boonop gegrond is op 'n vaste geloof in God dan kan dit mos nie anders as om 'n reuse suksesverhaal te wees nie! Dit was my gedagtes toe ek met 'n glimlag wegstap van Albie en Heloise se troue. Dit was 'n groot voorreg om te kon deel in hulle spesiale dag en te sien met hoeveel opregte liefde, ondersteuning en gebed hulle omring word. Heloise het pragtig gelyk in 'n olyfgroen rok met die mooiste kantdetail en juwele om die prentjie mee af te rond. G'n wonder dat Albie nie sy oë van sy bruid kon afhou nie! Heloise het die vorige aand in een van die gastehuisies op Ongegund Landgoed geslaap en kon dus sommer oorstap na die kapelletjie op die perseel waar hulle in [...]

April 16th, 2011|Wedding Shoots|15 Comments