Monthly Archives: September 2010

//September

Gerhard en Janien

Gerhard en Janien word eersdaags 'n baba dogtertjie ryker en wou die laaste paar kosbare oomblikke van haar swangerskap vasvang voor Jana kom. Ons het bietjie in Stellenbosch se strate rondgeloop en 'n melkskommel by Melissa's geniet toe die hitte te veel raak. Ek het lanklaas iemand ontmoet wat so maklik lag soos Janien, sy borrel van vreugde! Dit was 'n plesier om hulle af te neem!

September 12th, 2010|Maternity Shoots|2 Comments

Ava Coetzee

Jean en Elonya het nog 'n pragtige dogtertjie ryker geword en ek was so bevoorreg om vir Ava ook te kon afneem. Sy is die rustigheid vanself en dit was 'n absolute plesier om so 'n geborge en tevrede pasgebore babatjie te kon afneem. Dit laat my altyd in verwondering oor God se grootheid as ek so van aangesig tot aangesig een van Sy grootste wonderwerke aanskou...

September 9th, 2010|Newborn Shoots|2 Comments