Monthly Archives: May 2010

Lily

Ons bure wou graag 'n paar foto's van hulle pragtige 17 maande oue dogtertjie laat neem en ek was maar te bly vir die geleentheid om op nog kindertjies te kan oefen anders as my eie! Lily is die soetste, oulikste (en mooiste!) dogtertjie wat jy jou kan indink, maar lekker woelig en heeltyd aan die ontdek en ondersoek. Dit was heerlik om haar af te neem!

May 17th, 2010|Family Shoots|0 Comments

Maria

Maria (my ander uiters fotogeniese skoonsuster!) is 'n baie talentvolle klarinetspeler en het foto's nodig gehad vir haar webwerf. Ek en sy het Stellenbosch ingevaar met 'n paar uitrusting en 'n paar rowwe idees van hoe die foto's moet lyk, maar toe ons eers begin het ons altwee so opgewonde en meegevoer geraak dat die fotosessie basies 'n lewe van sy eie gekry het. Maria het kans gesien vir enige iets en het selfs met haar trourok 'n groot ou eikeboom ingevaar wat in die middel van die pad staan! Dit was vet pret, dankie Maria! Ek wil amper sover gaan as om te se dat "portrait shoots" sover my gunsteling is. :-)

May 16th, 2010|Portrait Shoots|0 Comments

Du Toit Familie

My eerste amptelike "photo shoot"! Ek het letterlik 'n paar aande gelede in die bed gelê en besluit dis tyd dat ek iets meer maak van my fotografie. Ek is geseënd met 'n klomp aantreklike en baie fotogeniese familielede, so wie beter as hulle om in te span as proefkonyne. Ek het 'n afspraak gemaak met hulle, myself 'n vaste tyd gegee waarbinne ek die sessie moes afhandel en als hanteer asof hulle my eerste werklike kliënte was. My skoonsus Carina en haar twee pragtige dogtertjies (Clara-Marie en Pippa) was baie gewillige modelle en het dalk als baie makliker gemaak as wat dit veronderstel is om te wees! Maar die hele ervaring was soveel pret dat ek verseker hierdie nuwe onderneming gaan voortsit, kom wat wil. En wat 'n voorreg sal dit nie wees om iets wat mens so geniet as 'n "werk" te doen nie. Dankie julle drie!!

May 3rd, 2010|Family Shoots|0 Comments